
0. Van die oewer / From the bank, September 2022
OPE GELDHENGELKOMPETISIES – LEKKER MAN, DIS LEKKER!
September is mos amptelik ‘Lente’, die begin van lang sonskyndae, kort nagte, welkome reënbuie, lopende riviere, vol damme –en aktiewe visse! Lekker nê? So aan alle lesers, welkom by ‘n uitgawe wat weereens ‘n spieëlbeeld van ons hengelwêreld is; dis hier om geniet te word, en ook om darem ietsie van hengel te leer!