
1. VAN DIE OEWER • FROM THE BANK
AUGUSTUS | AUGUST 2024
WOORDE: Eugene C Kruger
Van Weerlig, Hommeltuighengel, Winter Classic, Trade Show en so …
Hartlik welkom by ons Augustus-uitgawe! Dis mos ‘n maand waarin oorblyfsels van die winter nog kan voorkom, en dan ook ‘n kykie na die opkomende somer verskaf. ‘n Té laat koue of ‘n té vroeë hittegolf is egter maar net weersomstandighede waaraan hengelaars al lankal gewoond geraak het, so op die oewers is almal paraat vir enigiets wat kan gebeur.
WEERLIG
Die een verskynsel wat egter lewensgevaarlik kan wees is ‘n donderstorm met gepaardgaande weerlig – dis hoekom formele hengelkompetisies baie daarop bedag is en nie huiwer om ‘lyne in!’ te beveel nie. Hengelstokke, hetsy grafiet of ook die ou glasvesel is almal fantastiese geleiers van elektrisiteit, so die heel beste is om hulle summier plat op die grond te laat lê en jouself uit die voete te maak, maar nie onder ‘n boom nie, liefs binne-in ‘n gebou of as dit nie beskikbaar is nie, dan binne-in jou voertuig, met die vensters toe en die voertuig afgeskakel.
HOMMELTUIE
Verlede maand het die nuus dat die gebruik van hommeltuie en aasbote volgens die Marine Resources Act 18 van 1998, ten spyte van klipharde teenkanting van die hommeltuig -gemeenskap, finaal verbied is, skokgolwe deur die soutwaterhengelgemeenskap gestuur, veral vir sosiale hengelaars wat die groot roofvisse anderkant die branders teiken. Dit beteken niks vir die formele soutwaterhengelsektor nie want die gebruik van sulke hulpmiddels word in elk geval nie toegelaat nie, alhoewel hengelaars wat hommeltuie gebruik om groot haaie, soos byvoorbeeld op die Transkei-kus te teiken, dit erg voel.
Vir sosiale varswaterhengelaars was dit ook ‘n rede tot kommer, want sê nou dieselfde verbod word op varswaterhengelaars toegepas? Dis nie net die langlynmanne wat aasbote gebruik nie, maar ook die spesiekarphengelaars, wat hul groot ase met ‘n opblaasboot inneem, wat rede to kommer het. En wat van die baars- en kunsaashengelaars wat met hul bote op die visse jag maak?
Dit is dan met ‘n groot gevoel van tevredenheid dat, net soos wat SASACC se varswater-bewaringsbeampte, Bernard Venter dit voorheen beaam het, hierdie stokou, en in my opinie totaal onnodige wetgewing oor die hengelmetode van 1998, niks, net mooi niks, met varswaterhengel te doen het nie – al die langlynmanne met aasbote en ook varswaterboothengelaars kan heeltemal gerus wees, want hierdie wetgewing is volgens die betrokke marienewetgewing net van toepassing op kuswaters.
Ek weet dat die gebruik van ‘n hommeltuig om groot ase neer te plaas vir sekere spesiekarphengelaars nogal aanloklik lyk, maar wees gewaarsku dat daar steeds aan binnelandse vlugregulasies voldoen moet word.
Na my mening egter is die koste om ‘n hommeltuig in varswater te gebruik net nie die moeite werd nie – as mens nie die teikenarea oor ‘n ver afstand met werp kan bereik nie, gebruik dan ‘n aasboot of kano, of soos die spesiemanne dit doen, gebruik ‘n opblaasboot met ‘n buiteboordenjin of elektriese motor (onthou tog asseblief die reddingsbaadjies!). Maar ‘n hommeltuig met ‘n kamera toegerus verskaf vir seker ‘n wonderlike, anderse perspektief aan hengelvideo’s!
Ek glo die gebruik van sulke toerusting in die binneland sal nooit deur iemand bevraagteken word nie; vanaf die begin van varswaterhengel in die vorige eeu tot nou toe, het ek self as ‘n ‘oewerbroeder’, hengel-administrateur en joernalis nooit enige iemand hieroor hoor kla nie.
Laat dit asseblief so voortgaan!
GYS PITZER MOTORING WINTER CLASSIC
Verlede maand is hierdie opekompetisie met groot welslae by Vaaldam aangebied. Dit het ‘n allemintige een honderd duisend rand as die hoofprys vir die swaarste sak van drie visse aangebied, en die talle ander pryse vir verskillende spesies het gesorg dat almal hul hengeltalente kon inspan om iets daarmee te wen. Lees die berig daaroor in hierdie uitgawe, dis ryklik met uitstekende foto’s asook video-opnames geïllustreer en ek neem aan lesers het ook die video’s en lewendige uitsendings daarvan op ons Facebookblad en YouTube-kanaal gevolg.
Met ‘n inskrywingsfooi van R5 000 per span van vier hengelaars is dit ‘n kompetisie wat fyn berekeninge verg, nie net die finansiële aspekte daarvan nie, maar ook al die verblyf- en hengel-spesifieke uitdagings. Winterhengel is nie somerhengel nie, veral op die Hoëveld!
Die Oewerhengelaar se personeel was al maande lank saam met die mense by Gys Pitzer Motoring in Pretoria (hulle is ons wieleborg) besig met beplanning om te sorg dat alles tot in die fynste detail reg sou loop, en dit was na alles beslis meer as die moeite werd! Die reuse sukses van die kompetisie praat vanself, en die span wat die Winter Classic aangebied het, het werklik ‘n baie hoë standaard gestel. Planne word reeds gemaak vir volgende jaar s’n!
SAFTAD – TRADE SHOW
This month, the 17th annual SAFTAD Trade Show takes place in Pretoria where the South African Fishing Tackle Trade and Distributors organisation, the primary sector of the recreational fishing industry, namely the importers and manufacturers of fishing gear and related products, showcases their wares to the retail sector.
What I find incredibly interesting (and impressive!) every year are all the technological advances in fishing tackle, such as for example lighter but stronger rods, artificial lures that can not only dive to a prescribed depth, but can also reverse, lines that are species-specific, the list goes on and on …
One piece of equipment in particular that more often than not grabs incredulous attention and evokes gasps of amazement and wow’s every year, is the fixed-spool reel (okay, we all know it as the ‘coffee grinder’, referred to as simply ‘grinder’ by today’s ‘with-it’ anglers).
Introduced in 1948 by the French firm of Carpano & Pons, the Mitchell 300 grinder enabled just about anyone to cast without any risk of tangles and overwinds that are associated with rotating drum reels, in the process opening up recreational fishing as a socially accepted, family oriented outdoor activity to millions upon millions of people throughout the world, which of course spawned a multi-dollar fishing tackle industry.
Together with the advent of nylon line and fibreglass rods, I doubt whether there is any other fishing gear that has brought about such enormous benefits to the worldwide outdoor recreational activity of humanity! So I, along with everyone else, look forward to what this year’s SAFTAD will deliver.
As it is a trade only event, our For Anglers digital platform will livestream news and interviews presented by Werner Lubbe to readers so they too can see what’s new in the angling world.
Intussen geniet Augustus se hengel, en soos altyd, Take Care.
*Iets oor hengel op die hart? Something about angling on your mind? Epos/Email: editor@thebankangler.com.
