100+ Visse In 8 Ure? Ja, Dis Moontlik!
Hoe vang mens 100 visse in 8 ure? Met Tjop-Tjop en Stinkvoete op die bol, sagte SvB voer en ’n potjie garlic Oozers en nou en dan ’n kariba op die hoek om dinge interessant te hou. Dit klink dalk eenvoudig, maar dit was my plan waarby ek gehou het by ’n onlangse Elite kompetisie te Jackie Leonard op Vaaldam. Dit was nog altyd ’n doelwit van my om 100 visse te vang in 8 ure, en watter beter oewer om diè mylpaal te behaal as Jackie Leonard. Daar is hope onderbekke, karpe, geles en selfs monster babers.

Hengel saam met Super Cast