2019 Gys Pitzer Vaaldam Bonanza – ‘n Suksesvolle Toernooi

Honderde oewer- en boothengelaars het saamgetrek Vaaldam toe waar die jaarlikse Bonanza by Bierman en Kruger se oewers gehou is. Met die dam se watervlak wat slegs 42% was teenoor 80% verlede jaar, was daar baie minder vashaakplek vir die oewerhengelaars se stroppe, alhoewel voertuie op die oewer vasgesit het na ‘n goeie reënbui. Die 2019 Bonanza sal onthou word as een waar die dames die manne ‘n goeie drag slae gegee het in al die afdelings.