2021 PRO MANIA TOERNOOIREEKS

WOORDE: Werner Lubbe | FOTO’S & VIDEO: Jessica en Jonathan de Villiers

WEER KELDER DIE FINALE SKOUSPEL 

Deur die loop van 2021 se Pro Mania Binnelandse-afdeling het nagenoeg 1000 hengelaars in meer as 100 wedstryde meegeding om deur te dring na die Finale skouspel wat op die eerste naweek van Desember by Vaaldam op die Moolman en Leeuplaas oewers aangebied was. 

DIE FINALE

Die finale wedstryd, wat die hoogtepunt van die jaar se hengel is, was geskeduleer om op die laaste dag van dié 4-dag hengel-skouspel plaas te vind. Ongelukkig het die elemente ander planne gehad, en het daar soveel reën geval dat voertuie só vasgeval het dat sommiges bykans glad nie kon uitkom nie. Hengelaars met 4×4 voertuie het nog tot laat die Saterdagaand ander voertuie uitgesleep. Dit was maar ‘n onplesierige storie in die reën en donderweer. Water het in riviere afgekom en dit het gelyk asof daar met bote in die riviere opgevaar het! 

 Nodeloos om te noem kon die finaal geensins die volgende dag plaasvind nie. Dit is dus uitgeskuif na 8 Januarie op Bierman se gronde.

Die geleentheid is met die Spannedag op die Vrydag geopen met ‘n rekordgetal spanne wat deelgeneem het – 43 senior spanne en 12 dames/junior spanne. Met die stygende watervlak en die aanhoudende reën was die uitdagings legio en moes beide hengelaars en organiseerders bontstaan om alles te maak werk om op die einde van die dag as wenners uit die stryd te tree. Na die dag se hengel suksesvol aangebied is, het ‘n hewige donderstorm die prysuitdeling egter in die wiele gery. 

In die Junior- en Dames-afdelings het die volgende Spanne presteer:



Die wedywering in die Senior-afdeling was verwoed – met 43 spanne het almal in kleiner subsones deelgeneem wat binne elke sone afsonderlik funksioneer.

Die wenners wat hier weggestap het met die tjeks is:

Die Semi-Finale wedstryde is natuurlik ongelooflik belangrike want hier vind die groot skeiding plaas – na ‘n hele jaar se harde werk kan hengelaars heelbo aan die ranglys eindig maar sou hulle in die semi’s struikel is alles tevergeefs! 

In die semi-finale neem 50 Pro, 50 Premier, 30 Meesters, 20 Dames en 20 Junior hengelaars deel om ‘n plek in die finaal wat die volgende dag plaasvind. Weereens is die veld opgedeel in sones, en slegs ‘n paar top hengelaars in elke sone vorder na die finaal.  

Die prysgeld is merkwaardig – altesaam R440 000 word uitbetaal aan die welverdiende wenners op die finale dag. 

Na ‘n lang en harde dag, waar die Pro Hengelaars na net 4 ure na ‘n nuwe pen toe moes skuif, word die finale naamlys opgestel wat in die velste kompetisie van die jaar sou deelneem.



Die Finale “Line-up” is:



NUWE AFDELINGS

Pro Mania het só in die laaste klompie jare uitgebrei dat dit nodig was om twee nuwe afdelings in te stel – Die Penkoppe (Onder 13) en die Veterane (Bo 60).

Vir die eeerste keer ooit neem hulle toe ook in hulle eie afdeling deel, alhoewel die formaat so effens anders is. Daar word glad nie semi-finale gehengel nie en die deelnemers spring dadelik weg in ‘n Finaal wat oor twee dae gehengel word. Hierdie twee dae is afsonderlike kompetisies, en elke uitslag se punte word saamgetel om die wenners aan te wys. 

Hier is die finaliste wat nou reeds die helfte van hulle kompetisie afgehandel het. 

COASTAL-AFDELING:

Die Pro Mania-reeks word nasionaal aangebied maar vir logostieke redes kompeteer die kusstreke in hulle eie afdeling. Hulle het ook hulle eie finaal op dieselfde naweek aangebied – met die uitsondering dat hulle nie uitgereën het nie! –  en dus kon die kusstreek se finale hulle kampioenhengelaars oplewer. 

Hulle spanne bestaan net uit twee hengelaars en hier is die wenners:

In die individuele kampioenskappe het die manne harde klippe gekou en die kampioene is na vier sessies oor twee dae se hengel aangewys. 

 Hier is die wenners:



4 2 votes
Article Rating
Subscribe
Notify of
0 Comments
Inline Feedbacks
View all comments
Back to top button
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x