Tight Lines

60 Jaar Terug…. | 60 Years Ago…

Hierdie jaar vier Stywe Lyne sy sestigste verjaardag so ons gaan hierdie jaar uit elke uitgawe van sy bestaansjaar in 1960 ietsie uit daardie jaar se uitgawes plaas. Hoekom? Al diè gesegde gehoor: “Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde!”

This year Tight Lines celebrates its 60th anniversary so in every issue this year we will be publishing something out of each issue of that year. Why? Ever heard the saying: “The more things change, the more they stay the same!”

VARSWATERAAS

As daar een aspek van varswaterhengel is wat altyd hengelaars se volle aandag geniet, dan is dit aas! In die Maart uitgawe verskyn die volgende, en wat vir my insiggewend is, is dat dit net vir geelvis is.

ROOIPAP

  • 3 koppies mieliemeel
  • 1 koppie boeremeel, en
  • 1 eetlepel suiker.

Meng deeglik in ’n erdepot met net genoeg water om ’n stywe pap te maak. Plaas op die stoof en maak behoorlik gaar. Nou is die voorbereidsel gereed sover dit die kombuis betref.

Verkry dan by die apteek 1 botteltjie T.C.P. en 1 botteltjie eiergeel. Meng die inhoud van hierdie twee botteltjies deeglik en neem dit saam met die papmengsel na die hengelfront.

Wanneer daar lyn ingestoot moet word, brei so ’n bietjie van die pap tussen die vingers; dien ’n paar druppeltjies van die aptekersmengsel daarop en brei nog meer. Heg die pap aan die hoek en bring die geles aan wal.

SOUTPAP

Wie gaan sê dat ’n geelvis nie van sout in sy kos hou nie?

  • 2 koppies boeremeel
  • 2 koppies mieliemeel, en
  • ½ teelepel sout.

Meng ’n stywe pap, maak goed gaar en knie die geel van een eier daarin.

Met hierdie voorbereidsel is daar geelvisse van 3,5 tot 4 pond by Hartbeespoortdam aan wal gebring.

RYSMIERE

(Hengelaars noem hulle knippers)

Wie kon nou daaraan dink dat ’n rysmier van enige nut kan wees?

Een van ons hengellesers meen dat rysmiere (vlieënde miere wat so teen sononder, na ’n reën oor die dorp toesak) net die aas vir geelvisse is.

Skaf ’n inmaakbottel aan – die soort met die ring en die los glasdeksel. Vul dit halfvol met saagsels en vang dan ’n handvol van hierdie miere.

Plaas in die bottel en vul verder op met saagsels. Die beste vangplek is natuurlik diè waar die miere by die nes uitborrel – as mens dit kan raakloop.

Die glasdeksel moet vervang word met karton wat vol gaaitjies gemaak is sodat dit nie lugdig is nie.

Die prosedure wat volg is eenvoudig. Die bottel met rysmiere word nou net eenvoudig in die yskas geplaas. Wanneer daar gehengel moet word, word die bottel saamgeneem en by die tyd wat daar geelvisaas langs die hengelwaters aan die hoek geplaas moet word, is die rysmiere net reg vir die doel.

Ons hengelleser eindig sy brief met die volgende verskonende woorde: “Ek self het dit nog nie geprobeer nie. Die yskas is my vrou s’n en my hengelgereedskap is myne.”

CARP ANGLER’S CORNER

It was logical that carp enthusiast, Wally Smith with his vast experience of carp fishing in the U.K. would be a major contributor to the magazine. Writing under the pseudonym “Vernon” he played a major role in elevating carp into the country’s number one position on the preferred freshwater species listing. This column and many other contributions continued until he eventually retired at the age of 90 in 2017 and passed away in 2017.

This paragraph in this issue reflects his passion for carp:

He wrote: “(Carp) ..is an opponent well worthy of more attention by the angling rank and file. There are more of our waters which contain carp than don’t – and what other freshwater fish so easily accessible to our inland anglers, can regularly tip the scales in the 15-20 pound class? Let us take full advantage of this unique opportunity.”

*Our Protea carp angling team – five times winner of the Fips-ed Carp World Championships – is certainly proof that his encouragement has been taken to heart!   

You will never see such a photo in modern media: it shows two anglers with carp of 22lbs. 10oz. and 25 lbs caught at the “Happy Hunting Grounds” at Meerhof.

The hookbaits were unflavoured white mealie meal on a single #2 hook trace, and a #6 double hook trace loaded with sweet, custard flavoured mealie meal.

Volgende uitgawe/Next issue: Uittreksels van die April 1960 uitgawe/Excerpts from the April, 1960 issue.

Related Articles

Back to top button