fbpx
AaskliniekBank AnglerHow ToTop 10

Aaskombuis – Die Pynappel Jellie Degie

Hierdie degie het nie net ’n aangename soet reuk om die vis mee te lok nie, maar dit bied vis ook met so bietjie ekstra voedingsware naamlik proteïene.

Jy benodig 3 eetlepels koekmeel, 4 teelepels pynappel jellie, 2 eetlepels kookwater, 1 teelepel suiker, ’n mengbakkie en ’n sakkie of houer om die degie in te bêre.
Gooi die 2 eetlepels kookwater in ’n bakkie, gevolg deur die 4 teelepels jellie. Roer tot die jellie opgelos is.
Gooi die suiker en koekmeel geleidelik by die jellie mengsel en roer dit deeglik in.
Hou aan meng tot al die deeg wat aan die kante vas sit deel van die bol vorm.
Die deeg is nou reg om met die hand gebrei en gevorm te word om die finale uitkoms te verseker.
Plaas die degie nou in ’n banksakkie of houertjie wat behoorlik kan seël om te voorkom dat die degie uitdroog.
Tags
Close