Bank AnglerTight Lines

Anton Edwards spog met ‘n 3de plek by Pro Mania Finaal

Die mooiste sonsopkoms verander die dag in ‘n sopnatwinterwaterdag en ek moes behoorlik uit die boks dink om vis in die net te kry. Ek begin soos altyd met een stok op 45m en kry dadelik die vis aan die gang maar dis die een undersize na die ander, ek maak ‘n klein verandering met my dipkombinasie op my bol en ek begin toe weegvis kry.

Ek gooi my ander stok so ver as wat ek kan met miere en slangwurms maar ek kry nie eers ‘n roer op dit nie, toe die tweede sessie begin doen ek weer dieselfde op al twee stokke, en kry dadelik weer vis op 45m. My baberstok het ‘n uur en 36 min gelê toe ek sien hy begin stadig die lug in skiet, ek het die vis gespeel maar het nie soos ‘n baber gevoel nie, en is bevestig toe ek skep en ek verras is met ‘n mooi karp.

Die was ‘n baie moeilike hengeldag, maar ek kon daarin slaag om 14 vis te weeg vir 8kg wat toe vir my ‘n 3de plek gee vir die dag.

Aas wat vir my gewerk het was Kariba-wurm met drie maggots op elke hoek. Op my bol was stinkvoete, Lotie en Stuttafords. My gerei vir die dag was soos altyd net die beste, Aventa Pro 5000, Okuma LS-6k ge-combo met Sensation Razor 12.6ft en Sensation Premier 13ft.

Dankie Sensation en Supercast vir jul ongelooflike support en bystand. Wat ‘n eer om deel te wees van die span.

Anton Edwards

0 0 votes
Article Rating

Related Articles

Subscribe
Notify of
0 Comments
Inline Feedbacks
View all comments
Back to top button
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x