Bank AnglerNewsPro Mania NewsTournament News

Ardenza Vaal Dam – Report by: Henco van der Westhuizen

Super Cast is Tops

Ek het verlede naweek (8 Mei) aan Kavalier Pro Mania deelgeneem by Ardenza, Vaaldam. Ek maak vinnig Saterdag-nag ‘n oproep aan die Pa van Super Cast (oom SvB) om ‘n bietjie inligting te versamel soos al ons hengelaars doen, en oom Schalk se woorde was dat ek een stok vlak voor my voete op 35m moet hengel en dan een op 100m-105m.

My plan was toe as volg: Linkerstok op 35m; regterstok op 105m.

Op 35m:

Dips: Stink Voete saam Tjop-Tjop. Boonste hoek: Swd. Onderste hoek: Vier dooie maggots met ‘n klein degie agteraan.

Op 105m:

Dips: Duiwelsdrek met Legend en Perdeby. Boonste hoek: Swd met Custard Backing. Onderste hoek: Legend float met Swd. Die hooter het nie behoorlik basuin nie, toe maak ek vas met my 35m-stok ‘n mooi gesonde muddie. Ek laai en gooi weer en in minute se tyd dieselfde resultaat. Ek begin opgewonde raak oor die tempo en net soos ‘n uitklophou raak die klein vissies stiller en stiller. Na 40 min trek my lang stok weg maar ek verloor egter die vis, en die volgende twee op die langer afstand. Ek besluit maar om by die afstande te hou in verwagting dat die vis beter op die SVB voer sal in kom.

Ek eindig 1ste in my sone met 12 vis vir 9,4kg. Dit gee my ‘n 3de algeheel vir die nat, koue en mislikke dag.

Voer: SVB all the way. Super Cast se voer begin harde hou uitdeel😉❤💛🖤 Dankie oom SvB en oom Bennels vir die kraakvars voer dit is rêrig stunning😱 Laastens dankie aan ons Hemelse Vader vir die geleende tyd in U natuurskoon. Groete Henco

*Reports brought to you from various Social media sources, indexed and categorized for your convenience.



5 1 vote
Article Rating

Related Articles

Subscribe
Notify of
0 Comments
Inline Feedbacks
View all comments
Back to top button
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x