
BAARSHENGEL-AKADEMIE: Kul hul met ’n wurm – Die Trick Worm
Dit is nou al amper tagtig jaar sedert die oorspronklike sagte plastiekwurm vir baarshengel deur ene Nick Creme bekendgestel is. Te danke aan hierdie sensasionele uitvindsel het die verskillende tipes sagte plastiekase eksponensieel toegeneem. Elke jaar stel vervaardigers nuwe vorms bekend, selfs dié wat oor markleiers beskik.
Vir my is die kulwurm- (in Engels trick worm) variant seker van die mees effektiewe vorms daarvan, en die hengelmetode wat met dit toegepas word word in Engels perfek beskryf as trick worming.