
BAARSHENGELAKADEMIE: Braid Het Wel Sy (Super) Gebruike
Sommige baarshengelaars verpes braid en ander kan weer nie daarsonder nie. Vir diegene wat nie stoere braidhengelaars is nie het die tyd aangebreek vir ‘n meer pragmatiese benadering, naamlik dat dit tog by tye van nut kan wees.
Ons noem al lankal alle superlyne “braid”, in weerwil daarvan dat nie almal gevleg word nie en daar selfs unifilamente beskikbaar is. Vir die doel van hierdie artikel bly die aanwendingsbeginsels egter konstant.