
BAARSKLASKAMER: Die Squarebill – Vir Die Hele Jaar
Die Squarebill kunsvissie word al hoe meer ‘n uitstekende opsie regdeur die jaar, maar oortref nie altyd die spinnerbait, chatterbait en lipless in die hitte nie. Party reken dis net vir gebruik in die somer, maar in Amerika word dit met groot sukses tot in die snerpende koue winters gebruik.
‘n Mens kan dit op dieselfde plekke gooi waar jy die voorgenoemde ase sou gebruik, met ander woorde by dekking. As jy dit egter bo-op vlak- of uitsteekgras gaan gooi, gaan jy vassit. Hulle werk egter goed waar die randjie van die gras geleidelik na so vier voet daal.
#stywelynetightlines
#tightlines
#stywelyne
#foranglers
#baars