BAARSKLASKAMER: Waarheen Gaan Baars In Die Winter?

In die koue winter gaan swartbaars diep”. Sommiges sal reken dis ’n growwe veralgemening, en wat die baars in die winter doen is afhanklik van waar die dam geleë is, maar dis eintlik waar, al is die dam in die warmer Laeveld.

Om ’n baars te vang, moet jy die aas voor die vis plaas, met ander woorde jy moet ’n baars se voorkeur-houplekke verstaan.

Wat doen hul in die koue? Dit is eintlik ’n geval van wat hul nie doen nie.

‘n Baars is koudbloedig. Hul maak staat op hul omgewing om hul liggaamstemperatuur te reguleer. As dit te koud raak, word hul onaktief omdat hul metabolisme verlaag, wat sekerlik hul fokus verskuif van eet na gemak. Uiteraard verskil die twee tipe areas.

Skrywer met baars in die winter by Disanengdam in ‘n boom gevang. Bome in die water verskaf altyd goeie dekking, so teiken dit beslis.

Diep Water

As daar een ding is wat baarsgedrag meer beïnvloed as die heersende temperatuur

(behalwe in die uiterste vorm), is dit stabiliteit. Hierdie manifesteer hoofsaaklik in veranderings in lugdruk (wat die maklikste opgemerk kan word in die verandering van windrigtings) asook ’n skielike verandering in temperatuur.

Diep water elimineer hierdie verskynsels. Die oppervlaktemperatuur word deurdag met een graad deur die son of  wind verander wat genoeg is om ’n baars se honger aan of af te skakel. ’n Sterk wind kan egter ’n dieper uitwerking veroorsaak deurdat dit ’n opwelling van die warmste water teweegbring.

Diep water word beskou as dieper as drie meter. Die gemiddelde diepte van ’n dam bepaal presies hoe diep die baars sal gaan. In baie vlak damme skakel die baars heeltemal af, word amper onmoontlik om te vang en groei uiteraard stadig.



Struktuur

Hulle soek daarby ook struktuur om teenoor dit te oriënteer. Dit behels skielike diepteveranderinge soos afgronde (“drop-offs”), punte, onderwater eilande en heuwels.

Dekking

Die ideale houplek is altyd dekking by struktuur. Die behels nie net plantegroei nie, maar ook dooie bome, rotse en mensgemaakte kenmerke.

Plantaardige dekking moet egter nie dood wees en besig om te vrot nie, omdat hierdie uiters suurstofrowend is. Die baars wil juis in een posisie bly. Hou egter in gedagte dat die meeste plante dormant sal wees en nie dood nie. Maar nou is daar ’n ander uiters ongunstige situasie, waar dit deur stof of slik bedek word.

Diep bome is goed, behalwe in nuwe damme waar hul blare nog aan die vrot is. Die baars is geneig om tussen die stompe en takke te suspendeer.

Die diepste riete en gras van  munisipale- en plaasdamme hou ook baie baars. Hier sal hul kop eerste inwoel en dit word ’n geval van dieper in, in plaas van dieper af. Hoe meer gunstig die omstandighede op ’n bepaalde oomblik, hoe nader skuif hul na die openinge en buiterante, tot waar hul selfs buite dit kan patrolleer.

Modder/slik teenoor klipbodems speel ook ’n rol, omdat die slik uit vrot afsaksels bestaan wat suurstofrowend is, maar dit raak weer gouer warm en kan die vis uit hul onbereikbare houplek lok.

Die klimaatstreek speel natuurlik ’n groot rol, aangesien die sub-tropiese areas eintlik ideaal is om in die winter te hengel  omdat die water weer te warm word in die somer. Die hoogliggende gebiede is weer die teenoorgestelde.



The latest digital edition of THE BANK ANGLER / DIE OEWERHENGELAAR is now available!

5 1 vote
Article Rating
Subscribe
Notify of
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments
Back to top button
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x