Wanneer die land weer oop is vir hengel… Bivandedam se Karpuitstappie
Woorde: Werner Lubbe Fotos: Werner Lubbe & Avaran Van Niekerk

Al wat ons wel weet is dat die dam nie baie toeganklik is nie en dat ons heel waarskynlik nie by die regte areas sal uitkom met enige voertuig nie. Die dam is propvol en loop oor by die damwal, wat beteken oral, reg rondom is die water tot in die gras en nêrens is daar ’n stukkie grond oop nie. Die beste manier wat ons hiervan ’n sukses kon maak, is om met ’n boot te gaan en al die kamptoerusting daarmee karwei tot op die aangewese oewer.