
BOOTHENGEL: Klipdrift se Koi-Karpe
Klipdriftdam op die pad tussen Johannesburg en Potchefstroom is ‘n baie spesiale dam met ‘n baie spesiale karakter – nie net kan hy jou baie stief behandel nie, maar hy kan ook vir jou mooi vis gee as jy alles reg doen. So het ek op uitnodiging van Schalk van Breda my boot gepak en afgesit in die rigting van Potch, reg in die middel van die winter. Die gehalte karpe wat Klipdrift in die winter lewer is besonders, en dis waaragter ons was.