Borge Vang Saam Vis
Sosiale hengelkompetisies is nou nie almal se ding nie, maar vir dié wat dit bywoon, is dit ’n lekker bymekaarkom, meeding en kuier geleentheid. En dan is die kans om met ’n kar, boot of selfs hope kontant daar weg te ry ook baie groot! Bekende gesigte regoor ons land word deur die jaar by verskeie viswaters gesien, daar word gegroet, lekker gelag en gesels, alles behalwe wenke om vis aan te keer, want die vis moet weegskaal toe kom vir ieder en elk om in aanmerking te wees vir een van talle spog pryse.