
PRODUKOORSIG: CAMP MASTER Opvoubare Braai, Gietyster platbodempan en Platbodem-potjie
Die wonderlikste vlekvrye staal opvoubare braai – met 'n paar potte en panne!
‘n Braai by die dam tydens ‘n hengel- of naweekuitstappie is altyd welkom en ‘n goeie manier om die dag ten volle te geniet. Verseker, ja, maar ‘n draagbare braai kan baie spasie opneem, moeilik wees om te pak en ook by die oewer rond te dra. Camp Master se produkontwikkelingspan het gaan sit en goed gedink om hierdie probleme op te los, en hulle het dit uitstekend reggekry!
#tightlines #stywelyne #foranglers