
CAMP MASTER ‘Town and Country 200’-sleepwa
PRODUKFOKUS
WOORDE & FOTO’S: Riaan ‘Alleman’ Riekert
Ek is seker as ek die naam Camp Master noem het dit soos Stywe Lyne geen bekendstelling nodig nie. Kombineer ons dié twee ikone kan dit net een uitkoms tot gevolg hê, naamlik SUKSES!
Stywe Lyne het onlangs die voorreg gehad om hande te vat met markleiers Camp Master as dit by kamp en sleepgenot kom, en dié twee woorde is sinoniem as dit by hengel kom. Daar is vir my niks belangriker as gemak by die hengelwaters nie en natuurlik is pakplek van kardinale belang.





Die laaste jaar is ek bederf met koelbokse om kos koud te hou, kampkassies om al daardie los goedjies weg te pak en tafels om by te werk ter voorbereiding om daardie dik visse te land. Daar het egter een wapen by my versameling gekort om my hengelsessies gemakliker te maak, en dit was pakspasie!




By die kantoor was dit naweek op naweek ‘n armdruk oor wie watter sleepwa gaan gebruik, en glo my dis nie lekker om na elke sessie alles uit te pak nie. Camp Master het die probleem opgelos en my pyn verlig om Stywe Lyne te bederf met die Camp Master ‘Town and Country 200’-sleepwa. Al wat ek kan sê, absolute sleepgenot!





The latest print edition of THE BANK ANGLER / DIE OEWERHENGELAAR is now available in retail and selected angling stores!
