Array
(
    [0] => thumbnail
    [1] => medium
    [2] => medium_large
    [3] => large
    [4] => 1536x1536
    [5] => 2048x2048
    [6] => jannah-image-small
    [7] => jannah-image-large
    [8] => jannah-image-post
    [9] => rwi-featured-thumb
    [10] => woocommerce_thumbnail
    [11] => woocommerce_single
    [12] => woocommerce_gallery_thumbnail
    [13] => shop_catalog
    [14] => shop_single
    [15] => shop_thumbnail
)
Bank AnglerDigitorial

Melasse – ‘Red Bull’ vir vis!!

WOORDE: Johan Fritz

Johan Fritz gee die hele Catch-a-lot storie!

Dit maak nie saak of jy ‘n vakansie-, klub- of Proteahengelaar is nie, êrens gaan en sàl jy te doen kry met melasse.

Hetsy die Rumeviteblok waarmee jy gaan voermaakplek maak voor jou kampnaweek of vakansie hengelsessie, of die klaar gevormde melasse blokke en balle waarmee jy vinnig wil voermaakplek maak, tot ‘n gevorderde weergawe saamgestel in jou gunsteling dippie, een of ander tyd het of gaan jy in jou hengelloopbaan te doen kry met melasse.

Die Rumevite voerblok wat so paar dae voor jy gaan hengel in die water gegooi word met ‘n merker op, beskikbaar by amper alle korporasies.

Waar kom melasse vandaan? Dis ‘n byproduk van die vervaardiging van suiker, deur die suikerriet te maal, pers en te kook om die suikers vry te stel. Op die oorsese markte word verskeie suikerbeet gebruik vir die maak van suiker en melasse.

Die byproduk van die eerste kooksel word genoem ligte melasse, wat hoofsaaklik as ‘n natuurlike versoeter gebruik word. Dit is dan ook die melasse wat jy in die supermark sal vind. Dit is ook die hoofbestanddeel van bruinsuiker. Verskeie Asiese kos resepte gebruik ook hierdie melasse om geur in disse te bevorder.

Die melasse op die supermark rak, meerendeels ‘n versoeter met meer smaak as gewone wit suiker, word veral in kosse en souse gebruik

Die tweede kooksel word genoem donker melasse, wat hoofsaaklik as vee voer aanvulling gebruik word en is gewoonlik beskikbaar by verskeie voer- en saadwinkels en korporasies. Die rum vervaardigers gebruik ook hierdie melasse in die vervaardiging van rum asook bier brouers vir hul “stout” biere.

Donker melasse, veral gebruik deur veeboere as voer aanvulling. Beskikbaar by voer handelaars en korporasies.

Daar moet egter nie verwarring ontstaan nie, alle melasse is bruin of donker van kleur, die lig, donker en ‘Blackstrap’ termes word net gebruik om aan te dui watter fase kooksel die betrokke melasse is.

Dan kom ons by die koning van melasse in ons hengelwêreld, ‘n ordentlike ‘Blackstrap Molasses’, effens aan die skaars kant deesdae, maar vir die persoon wat sy huiswerk doen, wel beskikbaar. Sommige korporasies asook voer- en saadhandelaars sal hierdie ‘Blackstrap’ melasse aanhou, tesame met gesondheids-, organiese- en natuurlikemedisynewinkels.

Die koning van melasse in ons viswereld: ‘Blackstrap Molasses!!

Hierdie melasse is die aftreksel na die derde kooksel van die rou produk om die suikers te onttrek, hetsy suikerriet, groente, vrugte, beet ensovoorts wat gekook en verbrou word.

Die eerste kooksel is ligte melasse en is omtrent net verfynde suiker; die tweede kooksel is donkerder met minder suiker en meer diepte in smaak. Die derde en laaste kooksel is ‘n dik diep donker stroop met ‘n effense mout smaak wat amper aan bitter grens.

In hierdie kooksel is al die minerale en vitamienes wat agter gebly het met die ontrekking van die suikers. Dit is hierdie vitamienes en minerale waaragter die hengelaar en die vis aan is. Veeboere gebruik ook soms hierdie melasse om as byvoeding en ‘n aanvulling vir hul vee te gebruik. Sommige natuurlike geneeskunde rate en medisyne bevat ook hierdie melasse.

Net soos mense is visse en diere ook altyd op soek na vitamienes en minerale om beter en gesonder te voel asook om ‘n energie opkikkering te verkry. ‘Blackstrap Molasses’ bestaan uit 13% Mangaan, 12% Magnesium, 11% Koper, 6% Vitamiene B, 6% Kalium, 5% Yster en 3% Kalsium, die res is suikers en vloeistof. Met ander woorde,‘n gevorderde en natuurlike gesondheids stropie – ‘Red Bull’ vir vis!

Die natuurlike preserveermiddel wat voorkom in die suikers van die melasse, tesame met die solidifikasie wat plaasvind wanneer die vloeistowwe in die melasse verdamp maak dit die ideale bindingsmiddel vir blokke voer en voermaak plekke.

Nog ‘n paar gegeurde en gekleurde melasse voerballe op pad water toe tydens ‘n Karp SA Kampioenskappe

Met ‘n klein bietjie verstellings aan die samestelling van die melasse, kan die stroop ‘n uitsekende roepmiddel en aanlokker wees, om nie net vis op jou voerkol te kry nie maar ook daar te hou.

Die regte kombinasie geure en kleure kan vir enige geleentheid werk.

Catch-a-Lot Angling het ‘n ‘Molasses Series’ reeks van gegeurde en gekleurde melasse in ‘n 330ml bottel wat in enige dam en seisoen vir jou ‘n verskil sal maak. Van geure soos Zing ( White Chocolate/Lemon), tot Sweets(Musk), Cococar (Coconut/Caramel) en Top Deck(White & Dark Chocolate), Sweet Cherry (Cherry), en Fruity(Fruit Mix), alles wat die hengelaar nodig sal kry is beskikbaar.

Hierdie reeks het almal toegevoegde “Vegan Plant Protein” en mineraalsoute wat bygevoeg is om vis na jou voerkol toe te lok en daar te hou. Die produk is ook 100% PVA veilig en kan in jou voer ingewerk word.

Die Catch-a-Lot Molasses Series

Met groot sekerheid kan ek sê dat daar min, indien enige, hengelaars is wat so staatmaak op melasse soos ek. Oor die jare het ek geure, kleure en byvoegings gemaak met die melasse om ‘n dodelike wapen in my arsenaal te kan wees. Die byvoeging van soute, proteïne en verskillende kleure op die regte tye en seisoene kan die melasse bevorder om enige vis nader te lok.


4 4 votes
Article Rating

Related Articles

Subscribe
Notify of
0 Comments
Inline Feedbacks
View all comments
Back to top button
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x

Support us by turning off your Adblocker.

Advertising funds all the free content we are able to share. Consider turning your adblocker off to enjoy all the great FREE tips, advice and videos we have to offer.