Bank AnglerNewsPro Mania NewsTournament News

Denyesville – Report by: Neville Foord

Super Cast SvB!!

🥇 Impala HK kompetisie vandag by Deneysville munisipale oewer.

Ek was uit my sokkies geseën om die dag algeheel te wen met 27 visse vir 9,4kg – my 5e opeenvolgende wen en die einde van die seisoen vir ons klub. Dit was tipiese winterhengel en ek moes elke byt maak werk, ’n sagte plain wit/geel floatie saam met 4-6 dooie maaiers op die enkelhoekstrop het vir my ekstra byte besorg. Oxblood met Sniper het uitgestaan as dipkombinasie, Devils Fork met FX het ook konstant gehelp om die visse nader te lok.

Afstande was 70m en 90m in die oggend, en later 90m en 95m. Soos die afgelope 17 jaar het ek weereens met lekker sagte SuperCast Manufacturing SvB voer gehengel. Uitdagende omstandighede met vashaakplek en bitter koue het dinge interessant gehou maar dis juis waar deursettingsvermoë getoets word.

Die eer kom my nie toe nie, net ons Skepper! 🙏🎣🥶

*Reports brought to you from various social media sources, indexed and categorised for your convenience.



5 1 vote
Article Rating

Related Articles

Subscribe
Notify of
0 Comments
Inline Feedbacks
View all comments
Back to top button
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x