fbpx
AaskliniekBank AnglerHow ToTop 10

Die Bovril Broodjie Backing

Of jy nou vir, of heeltemal teen, ’n Marmite of Bovril broodjie is, bly dit ’n feit dat gis ’n baie goeie lokmiddel vir karp is, en watter beter manier as om dan jou broodjie met die visse ook te deel?

Jy benodig 1 teelepel Marmite of Bovril, 1 sny brood (wit of bruin) en ’n sakkie of houer om die backing in te bêre.
Skep jou opgehoopte teelepel smeer oor die snytjie brood.
Begin dan om die smeer deur die sny brood te werk.
Knie die sny brood herhaaldelik tussen jou handpalms totdat die smeer heeltemal deur die brood gewerk is, en daar geen meer brood klonte in die backing is nie.
Rol dan die backing in ’n balletjie tussen jou hande sodat dit die laaste van die smeer wat op jou hande is kan absorbeer.
. Plaas die backing nou in ’n banksakkie of houertjie wat behoorlik kan seël om te voorkom dat dit uitdroog.
Tags
Close