fbpx
[bsa_pro_ad_space id=2]
AaskliniekBank AnglerFishing Tips

Die Eienskappe Van Suiker

In teenstelling met sout, val suiker as bymiddel in ase makliker op die oor van die varswater hengelaar. Dit is ‘n feit dat die gebruik van suiker in verskillende ase die hengelaar ‘n positiewe voordeel bied. Eenvoudige wit suiker bied verskillende eienskappe wat jou aas ‘n trappie hoër as jou opponent s’n kan vat, wat jou moontlik meer vis in die hounet kan besorg…

Versoeter:
Suiker bevorder eestens die smaak van die aas. Net soos ons suiker in ons kos en drankies gebruik, kan suiker in verskillende ase gebruik word om die smaak daarvan te bevorder en die aantrekkingskrag daarvan te verhoog. Suiker word bygevoeg in die vervaardigings-of voorbereidingsproses van die aas. Wanneer nat ase soos pap, deeg of brood voorberei word is dit wenslik om eers die suiker in die vloeistof op te los waarin die aas voorberei word. Dit sal verseker dat die suiker eweredig in die aas versprei word.   

Bindmiddel:
Suiker wat met ‘n baie klein hoeveelheid vog of water gemeng word is taai en daarom beskik dit oor die eienskap om ase taaier te maak en dus beter te laat bind. In hierdie geval kom grondvoer dadelik in gedagte en daar bestaan verskeie moontlikhede wanneer dit gebruik kan word:

  1. Stromende water: wanneer daar in ‘n rivier gehengel word sal suiker in die voer help om die voer stadiger te laat blus. Dus sal daar langer voer op die bodem beskikbaar wees wat vis meer effektief sal lok.
  2. Hengelafstand: wanneer daar konstant op groot afstande gehengel word, kan die toevoeging van suiker help om die voer taaier te maak sodat dit nie maklik van die gewig afgegooi sal word nie. ‘n Verdere pluspunt in hierdie geval is dat die voer steeds sag gebruik kan word sodat dit makliker van die gewig kan afkom wanneer die aas op die bodem lê. 
  3. Verlengde blustyd: wanneer daar oor die algemeen verlang word dat voerbolle nie vinning moet blus nie. Hier dink ons byvoorbeeld aan ‘n lang sessie soos oor ‘n naweek waar dit nodig is dat die voer stadig moet blus om die vis oor ‘n langer periode besig te hou in die voerarea.

Geurmiddel:
Verskillende tipes suiker beskik oor verskillende geure. Hierdie spesifieke geur van die suiker ter sprake sal die aas tot ‘n mate geur wat moontlik ‘n positiewe uitwerking op die suksesgraad van die sessie sal hê. Verskillende gegeurde suiker soos karamel of bruin suiker kan met sukses gebruik word. “Treacle” suiker is ‘n meer natuurlike suiker en het ‘n sterk molasses- tipe geur wat bevorderlik is vir menige ase.

Tags
Close