
DIE KATROLLE SING: Baber met die naam Jasper
Snorre en Rooi Jan van Looy braai ‘n vleisie by Grootlieg op die plaas. Die vuur brand, die vleis ook, en die bier spoel gesellig. Grootlieg se vrou kuier by haar suster en hy het besluit om die eensaamheid met vriende en ‘n vleisie op die kole te verdryf, veral as daar ‘n paar vriende is wat na sy stories kan luister. Is hy dan nie die bobaas storieverteller in die kontrei nie?