DIE KATROLLE SING: Sy Was Anders…
Anita was ‘n pragtige kind, maar sy was anders, nou nie verstandelik gestrem nie, dis net… wel, anders. Anita was Marie en George Nel se enigste kind. Hulle het al moed opgegee dat hulle ooit kinders sou hê toe Marie tot haar groot blydskap op 44-jarige ouderdom swanger geraak het.
Die egpaar was verheugd, maar ook bekommerd oor Marie se swangerskap weens haar hoë ouderdom, en het gereeld die dokter besoek om seker te maak dat alles reg is. Sy het ‘n dogtertjie verwag en George was effe teleurgesteld aangesien hy graag ‘n seun wou hê om die familienaam voort te dra, maar hy het dit blymoedig aanvaar.