fbpx
Bank AnglerKnots & Rigs

Die Knooplose knoop vir hoeke

Die knooplose knoop word gebruik vir die knoop van hoeke op gly-rietvlei stroppe, baby shoes stroppe asook vaaldam stroppe. Dit kan ook gebruik word vir die maak van haarstroppe waar die “tag end” as die “haar” van die haarstrop dien. Ons sal in die toekoms die haarstrop behandel. Volg die stappe hier onder en maak seker jy knoop jou hoeke reg.

Steek die lyn van die onderkant van die hoek af deur die oog.
Lê die lyn langs die hoeksteel neer en knyp dit vas.
Draai nou die hooflyn rondom die lyn wat vasgeknyp is, en die hoek se steel.
Draai die lyn 7-10 keer rondom en maak seker dit lê egalig en styf teenaan die hoeksteel.
Steek die onderpunt van die lyn terug deur die oog van die hoek vanaf die onderkant. (Dit is uiters belangrik dat die lyn van die onderkant af deurgesteek is want dit sal verseker dat die hoek reg lê en die vis beter haak.)
Trek die lyn styf sodat die knoop vorm.
Knip die oortollige lyn af om dit netjies af te rond.
Die voltooide knoop behoort só te vertoon.
Tags
Close