fbpx
AaskliniekBank AnglerFishing TipsHow ToTop 10

Die Mieliepap-Kappie

Die mieliepap-kappie is ‘n aas byvoegsel wat gebruik word om enige grootte vis te teiken en word bo-op die hoekaas soos byvoorbeeld deeg, pitte en wurms aangewend (sien fotos hierlangs). Die wit kleur en effens growwe tekstuur maak die aas ‘n gunsteling vir alle varswatervisse. Hier is die resep stap vir stap…

Jy benodig: Mieliemeel, koekmeel, suiker, water, ‘n mengbakkie, teelepel en ‘n eetlepel.
1. Voeg 5 eetlepels water in die mengbak.
2. Los ‘n teelepel suiker in die water op.
. Roer die suiker aanhoudend tot al die korreltjies opgelos het.
4. Twee eetlepels mieliemeel word by die suikerwater gevoeg.
5. Gevolg deur een eetlepel koekmeel.
6. Meng die bestandele bymekaar sodat dit ‘n egalige en gladde beslag vorm. Kook die beslag in die mikrogolfoond vir een minuut.
7. Die beslag het gekook en ‘n eenheid gevorm, dit behoort gaar genoeg te wees om met die teelepel opgebreek te word.
8. Indien die kappie nog klam is kan dit vir ‘n verdere 30 sekondes gekook word tot gaar.
9. Brei die kappie om ‘n bal te vorm en om te verseker dat die eindproduk se tekstuur sag is.
10. Berg dit in ‘n banksakkie om varsheid te verseker.
11. Na gelang van die grootte van die hoek kan jy self besluit hoe groot die deel moet wees wat jy gebruik.
12. Vou eenvoudig die hoeksteel binne-in die middel van die kappie toe sodat dit netjies en stewig aan die hoeksteel klou.
13. Die perfekte aanbieding van die mieliepap kappie.
Tags
Close