fbpx
AaskliniekBank AnglerFishing Tips

Die “Swaar” Gebruik Van Fluorescein

Hier gaan ons kyk na die “swaar” gebruik van Fluorescein in moderne oewerhengel.

Die swaar gebruik van Fluorescein word gewoonlik geassosieer met die gebruik daarvan op of in hoekaas. In hierdie geval is die doel van die gebruik om ‘n hoë konsentraat kleur in die water vry te stel. Hierdie tegniek het gewoonlik ‘n suksesvolle resultaat wanneer dit gebruik word.

1. Fluorescein op die hoekaas.

Hierdie tegniek kan by meeste waters reg oor die land en in alle weersomstandighede goeie resultate lewer. Die effek daarvan is ‘n skielike ontploffing van kleur in die water, maar dit is van korte duur – ‘n maksimum periode van 10 minute afhangend van watter aas gebruik word. Enige hoekaas kan met hierdie tegniek gebruik word – dit sluit selfs hoekase op ‘n haarstrop in! Die mees algemene aas wat met hierdie tegniek geassosieer word is deeg, floaties, mieliepitte of wurms.

Hoe gaan jy te werk? Dis baie maklik! Doop die hoekaas in water nadat dit op die hoek aangebied is. Skud dit dan in A-graad Fluorescein poeier vir die beste resultaat. Laat ‘n paar minute toe dat die water die meeste Fluorescein poeier op die aas kan oplos – ‘n nat blink swart/bruin/groen lagie sal op die aas gevorm word. Nou is die aas gereed om te gebruik.

WENWENK:
Om ‘n effense langer effek in die water te verkry kan die aas meer as een keer met water nat gemaak word en herhaaldelik in die Fluorescein poeier  geskud word. Om die tegniek selfs nog meer effekief te maak, kan só ‘n aas eers effens winddroog gemaak word voor gebrui

2. Fluorescein in die hoekaas.

Hierdie tegniek kan gebruik word wanneer jy slegs Fluorescein deur middel van die hoekaas in die water wil vrystel oor ‘n langer periode, en dit is besonders effektief wanneer brood backings of mieliepitte gebruik word. Brei of meng genoeg Fluorescein in die aas totdat dit ‘n donker bruin/swart kleur kry. Die aas sal nou die Fluorescein stelselmatig in die water kan vrystel oor ‘n periode van tot twee ure met sekere faktore in ag geneem. Op hierdie manier kan vis makliker in die hoekaas geïntereseer word.

WENWENK:
Hierdie tegniek kan in samewerking met die tegniek in punt 1 gebruik word om die beste van beide wêrelde te kry.

Related Articles

Close