fbpx
Bank AnglerFishing TipsHow To

Die Tegniese Debat – Ek Het Verkeerd Gevoer

Die oogmerk van die reeks is om varswater oewerhengel tegnies te benader. Dit sal ons in staat stel om die redes te vind waarom sekere items, tegnieke, metodes, ensovoorts beter werk as ander. Andries Maree en Schalk van Breda gaan hengelgerei, tegnieke, metodes, aassoorte en konsentrate met mekaar vergelyk, bestudeer en bespreek.

Talle hengelaars is nie heeltemal bewus van die voer en die belangrikheid daarvan nie. Met varswater visse, speel die voer ’n kritiese rol om suksesvol die visse te kan vang. Met die gebruik van die voer word verwys na die samestelling van die voer, die hoeveelheid voer wat ingesit word en die plek waar die voer gegooi word. Aangesien die voer ’n voedsel bron is vir die visse, is dit belangrik dat die aanwending korrek is. Indien een van die bogenoemde nie heeltemal korrek is nie, kan dit ’n baie negatiewe effek op die visse hê. Vir die artikel het ons gebruik gemaak van Super Cast se SVB Droëvoer, Chic Chic mieliegruis, Soet wit deeg, Super Floats (Plain) en Super Cast se Stink Voete konsentraat.

Die voer is oor die area versprei en die visse vreet weg van die area waar die strop geland het.

Andries se kommentaar:

Die negatiewe effek van die gebruik van voer kan ’n mens baie mooi sien wanneer jy die deelnames van kompeterende karphengelaars bestudeer. Met my jare se deelname in die afdeling het ek gesien dat indien jy die ongeskrewe reëls van voer breek, het dit ’n negatiewe effek op jou vangs resultate. Hierdie reëls beskou ek as, die plek op die bodem wat jy kies om te voer, die hoeveelheid voer en die samestelling van die voer. Die normale oewerhengelaars of die “pap gooiers” ervaar dieselfde effek van die verkeerde gebruik van die voer, hulle is net nie bewus daarvan nie. Dit is my mening dat daar baie hengelaars is wat sal beter resultate behaal, indien hulle meer aandag aan die gebruik van hulle voer spandeer. Indien die verkeerde area gekies is, sal baie min visse belangstel in jou aas aanbieding. Indien jy die verkeerde samestelling van voer gebruik kan die visse in kom na die area, jy sal 1 of 2 vang maar hulle sal nie bly nie. Indien jy te veel of te min voer sal die visse dalk nie in kom nie of wanneer hulle in kom sal hulle alles rondom jou aas vreet in plaas van jou aas.

Schalk se kommentaar:

My opinie was nog altyd dat wanneer jy aan ’n kompetisie deelneem behoort jy mooi groot balle voer aan jou stroppe te sit sodat jy genoegsame voer in die hengelarea kan kry. Indien jy te min voer insit gaan jy nie die skole visse gelok kry en ook nie hulle kry om in jou hengelarea te bly vreet nie. Daar is gevalle wanneer jy moddervisse teiken, waar jy die gebruik van jou voer aanpas, dit sal egter deur die spesifieke omstandighede bepaal word. Ek glo vas in die gebruik van die droëvoer aangesien dit oor die jare bewys het dat die samestelling korrek is deurdat dit al duisende visse gevang het deur al die hengelaars wat dit gebruik. Dus sal ek nie sommer snaakse mengsels voer maak wat die visse negatief kan beïnvloed nie.

DIE WAARHEID OF TEENDEEL…

ONS AANBEVELINGS…

Schalk se kommentaar:

Met die opname van die video kon ons gesien hoe die visse nie nader beweeg na die voer om te vreet nie of dat hulle belangstelling op iets anders gefokus is. Ek het oor die jare gesien dat daar hengelaars is wat verskillende planne met hulle voer het; dan gebeur dit dat hulle eendag goed doen en 4 dae sleg doen en so wissel dit af. My aanbeveling is dat jy so plein as moontlik moet hengel met jou voer aangesien jy dan die minste moontlike foute kan maak. Hiermee bedoel ek dat jy ’n pak droëvoer kan koop, dit meng met water volgens die aanbevelings en dit sal heeltemal voldoende wees om visse te vang.

Andries se kommentaar:

In die video opnames kan daar baie duidelik gesien word dat die visse in die klipperige area nie so gemaklik vreet nie. Hulle verkies die dieper area waar daar minder klippe is. Dan verder ook die visse wat wel gevreet het, was besig om die voerdele te vreet wat oor die groter area versprei was in plaas van om by die strop te kom vreet.

My aanbevelings is die volgende:
• Moenie met voer formules onnodig rond speel nie aangesien dit waarskynlik ’n negatiewe effek gaan oplewer.
• Maak gebruik van bekende fabrikate voer wat oor jare ontwikkel is en reeds al baie goeie resultate opgelewer het vir die sosiale en top hengelaars.
• Maak seker van die bodem waar jy wil visvang dat dit ’n area is waar die visse normaalweg wei vir die natuurlike voedsel.
• Wees versigtig dat jy nie te veel voer oor te groot area versprei vir die hoeveelheid visse wat in die area is nie.

• Moenie met voer formules onnodig rond speel nie aangesien dit waarskynlik ’n negatiewe effek gaan oplewer.
• Maak gebruik van bekende fabrikate voer wat oor jare ontwikkel is en reeds al baie goeie resultate opgelewer het vir die sosiale en top hengelaars.
• Maak seker van die bodem waar jy wil visvang dat dit ’n area is waar die visse normaalweg wei vir die natuurlike voedsel.
• Wees versigtig dat jy nie te veel voer oor te groot area versprei vir die hoeveelheid visse wat in die area is nie.

Daar is baie beperkte vis naby die strop maar die voer trek glad nie die visse se aandag om hulle aan die vreet te kry nie.

Kyk gerus die video hier – Eksklusief vir For Anglers lede.

Like what you’re reading. Join the largest angling network in SA.

Basic Digital

+ Select a Digital E-Edition of The Bank Angler OR The Carp Angler OR Tight Lines Magazines.
+ 11 Back Issues





R29.00 per Month or R299.00 Annually

Become a Member

Premium Digital

+ Current E-Edition of The Bank Angler, Tight Lines & The Carp Angler Magazine.
+ 800+ Articles including weekly members only updates.
+ Digital Angling Library with over 38 back issues.
+ Aaskliniek Handboek 1, 2 & 3.
+ Access on 2 devices, anywhere, anytime.


R49.00 per Month or R499.00 Annually

Become a Member

Related Articles

Close