Die Welding Alloys Vaaldam Karp Challenge 2022 is verby!

Die Welding Alloys Vaaldam Karp Challenge 2022 het op 30 Oktober op ‘n hoogtepunt met ‘n aangename prysuitdeling afgesluit.
Dit was ‘n hengelkompetisie wat oor ‘n tydperk van vier maande vanaf 1 Julie by Oranjeville Vakansie-oord, Weltina Karavaanpark en Mihanzi-hengeloord plaasgevind het. By elke deelnemende hengeloord was beamptes aan diens wat gesorg het dat die reëls van die Karp Challenge noukeurig nagekom is.
Die Karp Challenge se wenners is deur die lengte van die vis bepaal. Die meet van die lengte van die vis verseker dat daar nie met die gewig van die vis gekonkel kan word nie. Die vis kan nie lengte verloor nie, maar wel gewig verloor (of selfs onregmatig bykry) voor die vis geweeg word.
Daar was maandwenners en almal wat ingeskryf het kon aan die maandelikse gelukkige trekkings deelgeneem.
Die groot kontantpryse (in totaal R75 000) vir die langste visse is tydens die prysuitdeling by Route 73 Restaurant, Oranjeville uitgedeel.

KEEP FISHING ALIVE: If you like our work support For Anglers’ journalism with a digital membership!

Premium Digital

+ Current E-Edition of The Bank Angler, Tight Lines & The Carp Angler Magazine.
+ 2500+ Articles including weekly members only updates.
+ Digital Angling Library with over 38 back issues.
+ Aaskliniek Handboek 1, 2 & 3.
+ Access on 2 devices, anywhere, anytime.


R55.00 per Month or R550.00 Annually

Become a Member

— OR —

LogIn

Back to top button