DIEPSEE AVONTUUR: Groot 3 By Sodwana

3 Manne, 3 Dae, 3 Marlyne, 3 Spesies

Op Woensdag 22 Januarie besluit ons om vinnig na Sodwana af te ry om te gaan visvang. Die weer en die water was net reg, ek kon dit nie los nie. Ons ry toe die volgende dag, 23 Januarie om 03:00, drie manne sterk uit Louis Trichardt en 12:00 stoot Sipho ons in die water. Alles werk perfek uit. Om 14:00 pm sing die katrol en Marius Meintjes maak vas met ‘n swart marlyn.

Vrydag 24 Januarie is ons 05:00 in die see op soek na nog snawels. Na ‘n lang oggend kry ons rondom 14:15 die middag ‘n kans op ‘n groot marlyn wat 600m lyn vinnig afhardloop. Ons het ongelukkig die vis verloor.

Met ‘n baie swaar gemoed het ons terug gevaar want op Sodwana weet mens jy kry soms net een kans ‘n dag en as jy hom mis, het jy hom gemis. Ons het Saterdag oggend 25 Januarie vroeg met nuwe moed opgestaan, die surf was redelik groot maar ons het besluit om steeds te gaan hengel. Ons het rondom 10:00 gepraat oor die monstervis wat ons die vorige dag verloor het, en skielik hardloop die katrol! Pieter Guillaume vang toe ‘n mooi streepmarlyn. Ons was natuurlik baie gelukkig en tevrede en besluit toe om ‘n laaste draai op die 700m merk te gaan maak. En toe ons daar draai rondom 11:40 toe hardloop die katrol weer. Ek maak toe vas met ‘n blou marlyn wat ons suksesvol vrygelaat het nadat die stokhouer van die fighting chair gebreek het!

Meer tevrede kon ons nie wees nie: 3 manne, 3 dae, 3 marlyne, 3 spesies – Ons eie “GRAND SLAM” NAWEEK! Dis een vir die boeke!



Ons kon dit regkry om een marlyn vry te laat, maar die ander twee was ongelukkig swak gehaak en het gevrek. Ons het kerrievis gesny en die res vir die gemeenskap gegee wat rondom 100 mense kos kan gee.



The latest digital edition of THE BANK ANGLER / DIE OEWERHENGELAAR is now available!

5 1 vote
Article Rating
Subscribe
Notify of
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments
Back to top button
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x