DIEPSEE: Kinders “outfish” die ouers!

WOORDE: Wilana Oosthuizen FOTO’S: Verskaf

Die span, ouers en kinders.

Ons het onlangs die gewilde “12 x 12 Spesies” diepsee-kompetisie by St Lucia bygewoon, en die keer was ons span omtrent ’n “friends & family affair” met vriende en elk van ons se kinders. Net soos dit maar op ‘n diepseeboot werk, kry elkeen sy beurt op die boot, Free Spirit. Eerste was Gerhard Oosthuizen se beurt en hy het ‘n mooi seilvis gevang,

Gerhard met sy seilvis.

Nica Leibrandt se vis het nie getel nie en toe is dit Lana Leibrandt se beurt en sy vang toe haar eerste marlyn saam met haar hele gesin op die boot! Die dag was net twee spesies gevang, die seilvis en die swart marlyn, maar het genoeg punte getel om ons as wenners te bekroon tussen die 12 bote wat deelgeneem het.

Lana vang haar heel eerste swart marlyn!

Ons kinders het ons baie trots gemaak omdat hulle die pa’s en ma’s op die boot ge-“outfish” het!

Hulle ontvang die trofee vir wenners van die “12 x 12 Spesie” diepsee-kompetisie by St Lucia.


The latest print edition of STYWE LYNE TIGHT LINES is now available in retail and selected angling stores!

0 0 votes
Article Rating
Subscribe
Notify of
0 Comments
Inline Feedbacks
View all comments
Back to top button
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x