
DIEPSEE TUNA-TOERNOOI: Drie 80kg-plus Geelvintunas – en ‘n 87,8kg vis is na ‘n 4-ure geveg die wenner!
Hoe vang mens ’n tuna wat meer as jouself weeg? Maklik, jy trek ’n Black Magic aan, sit jou katrol op sunset, en katrol met die krag van Simson, vir vier ure lank!
Uiteindelik was dit tyd vir een van die jaarlikse tunakompetisies, die Carry Cat Offshore Classic aangebied deur Gordonsbaai Boot- en Hengelklub (GBBAC) van 30 April tot 7 Mei. Met meer as 150 hengelaars wat deelneem is die doelwit eenvoudig, vang die grootste tuna-spesie en word bekroon as die wenner van die 30ste Carry Cat Offshore Classic 2022.