EG Kerk Tuine Hengelkompetisie 2022

Na maande se beplanning skop ons tweede hengelnaweek af. Die vlae wapper en die baniere is op, die hengelaars sit en wag vir die sirene om te blaas. Die tyd het aangebreek en die eerste lyne is in die water. En die groot wag begin vir die eerste vis om uitgetrek te word. Met groot dankbaarheid aan ons Hemelse Vader was die naweek ‘n groot sukses gewees en die terugvoering is fenomenaal, ons dank die Here dat Hy die naweek geseën het en almal bewaar het.

Al was die naweek stil gewees rakende visse wat gevang is, was die samesyn heerlik. Daar is vir die langnaweek van 29 April – 2 Mei net so oor die 170kg vis uitgetrek en dit was ‘n totaal van 23 visse wat ingeweeg was te Dennekruin Fishing Resort Roodekopjes. Die wenkarp is gevang deur Wynand van Tonder met ‘n treffende 14,33kg ook ‘n bielie van ‘n vis. Tweede swaarste karp was ‘n 13,06kg deur Jaco Snyman en Marcel van Brakel, en die derde swaarste karp deur Tyron Mac Mahon en Theuhan Brits met 12,88kg. Ons prys vir die eerste swaarste sak gaan na Elandré Olwagen met 31,72kg en tweede swaarste sak na Carel Brown Jnr en sy Pa Carel Brown met 25,04kg.

Ons wil baie dankie sê aan elke hengelaar, kampeerder en besoeker wat die naweek meegemaak het, dit word opreg waardeer, te danke aan julle het die naweek uitgeloop op ‘n reuse sukses. Baie dankie aan elke borg watgoedhartig hulle gewig agter die Evangelies-Gereformeerde Kerk Pretoria-Tuine-gemeente se hengelkompetisiegevoeg het. U bydrae word in goud waardeer, ons kan spog met meer as 40 borge vir die naweek. Sonder die bydrae van besighede en individue sou die naweek nooit moontlik gewees het nie.

Die terugvoering stroom nog in en dit is wonderlik om te weet dat die mense wat die naweek op die oord was dit so geniet het. Een van die hengelaars en borge het die volgende vir ons deurgestuur “We want to thank EG Kerk Tuine for hosting one of the best and memorable fishing events to date. From day one this was a huge success, we can’t wait to see you next year. Gerrit van Wyk, thank you for our huge gift to take with us to the World Carp Classic”. Dennekruin-hengeloord het die volgende op hulle Facebook-blad geplaas: “Dit was ‘n groot voorreg om die Evangelies-Gereformeerde Kerk Pretoria-Tuine by ons te kon huisves. Dit was een van die mees georganiseerde byeenkomste wat ons al gesien het. Hulle straal Christenskap uit, ons bedank hulle vir hulle bydrae, nie net vir hulle gemeentelede nie, maar ook vir jongmense en hengelaars. #VissersVirJesus”.

Deur die loop van die naweek is die Evangelie langs die oewer verkondig en die mense het dit met ope arms verwelkom. Sondag was daar ‘n twee-ure kompetisiebreuk gewees, waar daar ‘n diens was en ‘n heerlike bord kos, gratis. Dit is waarlik ‘n riem onder die hart gewees om te sien dat die hengelaars en kampeerders dit metsoveel positiwiteit bygewoon het en saam gekuier het.

Soos enige geleentheid moet hierdie een ook ongelukkig tot ‘n einde kom. Ons het baie geleer in die naweek waarvan die belangrikste is as ons, ons oë op die Here hou Hy alles ten goede sal meewerk. Ons het ook die voorreg gehad om great mense te ontmoet en glo dat hulle hengelaarsvriende sal bly. Een ding is seker, die hengelnaweek sal ons almal onthou.


The latest print edition of The Bank Angler is now available in retail and selected angling stores!

4 2 votes
Article Rating
Subscribe
Notify of
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments
Back to top button
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x