
P. EG Kerk Tuine Hengelkompetisie 2022
Na maande se beplanning skop ons tweede hengelnaweek af. Die vlae wapper en die baniere is op, die hengelaars sit en wag vir die sirene om te blaas. Die tyd het aangebreek en die eerste lyne is in die water. En die groot wag begin vir die eerste vis om uitgetrek te word. Met groot dankbaarheid aan ons Hemelse Vader was die naweek ‘n groot sukses gewees en die terugvoering is fenomenaal, ons dank die Here dat Hy die naweek geseën het en almal bewaar het.