
U. ELEGANT FUEL BLOEMHOFDAM BONANZA 2022
– soos altyd ’n baie lekker hengeltoernooi!
Na afloop van die Covid-inperking van die afgelope twee jaar kon ons vanjaar weer ’n gewone tradisionele Bloemhofdam Bonanza oor ’n naweek aanbied. Hengelaars het in hul getalle van regoor Suid-Afrika na Bloemhofdam opgeruk om die 21ste jaarlikse Bonanza saam met vriende en familie te kom geniet!