Die sesde Feeder SA kampioenskappe het hierdie week plaasgevind te Vaaldam. Daar was drie onderskeie afdelings met nie minder as 14 provinsiale spanne in die A Afdeling, 9 in die B Afdeling en 6 in die C Afdeling.
A Spanne
Die A Spanne het by Jackie Leonard en Kees vd Walt gehengel en ‘n totaal van 3815 vis vir 1471kg is geland. Die stryd om die medaljes was verwoed, maar die eerste dag se voorlopers, Gauteng Noord behou hulle voorsprong en wen met 11 punte teenoor die Vrystaters wat die tweede dag opgeskuif het van ‘n 5de na ‘n tweede plek. Slegs 4 punte na hulle, was die span van Noord Oos Mpumalanga.


Uitlsae

B Spanne
In die B Afdeling stap Gauteng weg met die louere, met Vrystaat 2de en Sentraal Noordwes 3de. Hulle weeg 1088 vis vir 296kg by Jan se Plek.

Uitslae
C Spanne
Die C Spanne staan glad nie terug nie en weeg 791 vis vir 172 kg, tussen die 6 spanne. Sentraal Noordwes vat Goud, NOM die Silwer en Gauteng Noord die Brons.



Uitslae

