“Figure of Eight Knot”

Die “Figure of Eight”knoop is ‘n baie sterk metode om ‘n lus in jou skaglyn van jou stroppe te bind. Dit is aanvanklik ‘n vreemde manier om die lus te knoop, maar sodra jy dit meer gereeld doen sal jy agterkom hoe maklik en vinnig die knoop gemaak kan word. Die knoop bied aan jou ‘n knoop wat stewig genoeg is om die impak van die werpslag te weerstaan sonder om toe te trek, en behou ook ‘n baie groot persentasie van die breeksterkte van die lyn se klassifikasie.