fbpx
Bank AnglerFishing TipsHow To

Floatie Aanbieding

Floaties is een van die mees algemene hoekase en dit is deel van elke hengelaar se aasmondering vir enige sessie. Dit kan feitlik saam met enige ander hoekaas gekombineer word of alleen gebruik word. Een van die belangrikste aanbiedingsvoordele van floaties is die feit dat die hoek of hoekaas vanaf die bodem opgelig word. Dit veroorsaak dat die hoek beter sigbaar is met gevolg gouer en meer byte. Hiermee dan die stappe hoe ’n floatie behoorlik opgesit moet word:

Sorg dat die hoek min of meer deur die middel van die floatie geposisioneer is. Skuif die floatie oor die weerhakie van die hoek sodat dit nie maklik sal loskom nie.

Die floatie kan nou een van twee posisies op die hoek inneem nl. in die buig van die hoek of op die ogie van die hoek.

Die mees algemene gebruik is om die floatie in die buig van die hoek met deeg of “backing” te posisioneer deur die deeg tot teenaan die floatie te rol.
Sou jy die floatie op die hoekogie wou aanbied met ’n ander hoekaas op die res van die hoek, gaan soos volg te werk: ryg die floatie oor die hoekogie op die hoeklyn.
Aas nou die hoek op, maar los die hoekogie oop. In hierdie geval gebruik ons ’n skoon degie.
Skuif nou die floatie terug tot op die hoekogie. Jy sal voel dat die floatie op die ogie in posisie vashaak.
Tags
Close