Francois Spyer 2019 Streek 5 Kampioen
Die Streek 5 toetsreeks is jaarliks die hoogtepunt van elke Protea oewerhengelaar se kalender, en om hier as die beste van die bestes gekroon te word geval net diesulkes met ’n spesiale talent en benadering. Nautedam naby Keetmanshoop in Namibië is ’n baie spesiale plek om hierdie eer te geval.

Na afloop van die finale wedstryd waar die nuutgekose Drie-Nasiespan teen die ander spanne gehengel het, kon ons ’n tydjie saam met “Spy”, soos wat Francois Spyer bekend staan, deurbring. Hierdie 42-jarige Stafsersant in die weermag, is ook ’n pa van twee tienerseuns wat volbloedhengelaars in hulle eie reg is. Spy het as jong seun…