Bank AnglerNews

Gys Pitzer Vaaldam Bonanza “Lucky Draws”

22-24 November 2019, Vaaldam

Die Gys Pitzer Vaaldam Bonanza het 22-24 November by Bierman en Kruger se gronde plaasgevind. Bo en behalwe al die groot pryse waarmee die wenners tydens die Gys Pitzer Vaaldam Bonanza weggestap of ry het, was daar vir ieder en elk ‘n geleentheid om teen R5 elk, lucky draw kaartjies te kon koop.


Met meer as R30 000 se lucky draws, kon enige een in aanmerking kom vir ‘n prys, al het hul nie deelgeneem nie, waarvan die grootste prys vir die lucky draws se waarde ‘n sleepwa ter waarde van R12 500 geborg deur Quinten Nel van Eco Link, East Rand, Benoni, was.

Hier oorhandig Quinten Nel die sleepwa as een van die lucky draw pryse aan die gelukkige wenner Dewald Ayer.

Daar was verskeie klein kompetisies waar Gys Pitzer rugby- en netbal balle uitgedeel het en nog vele ander kamp- en hengelpryse het vele se harte verbly.
Die dames moes dans vir ‘n unieke lucky draw prys waar net een daarmee kon wegstap.
Hier word ‘n hengelkas gewen.

Nog ‘n lucky draw!

Spanne kleredrag

Die Gys Pitzer Motoring span

Die Gys Pitzer Motoring span het ook vir die kompetisie ingeskryf en goed vis gevang.

Oranjeville se oewer

Die boot Awesome se span het langs die oewer gewag vir die weer om beter te raak. ‘n Vleisie is gebraai in die reënerige weer.

Related Articles

Back to top button