
HENGEL OP TELEVISIE: Hier Gaan Ons Alweer sluit op ‘n hoë noot af!
Woorde: Werner Lubbe FOTO’S & VIDEO: Verskaf
Hier Gaan Ons Alweer is die top Suid-Afrikaanse hengelprogram op nasionale TV en gedurende die 23ste reeks wat in Januarie 2025 begin uitsaai het, kon kykers agteroorsit en elke Maandagaand om 17:30 kyk hoe hulle ook self so baie, en sulke groot visse kan vang. Moet dit nie misloop nie! Kyk elke Maandag Hier Gaan Ons Alweer net op Kyknet Kanaal 144!

This year the format is completely different and aimed at spoiling viewers with a variety of angling adventures, from saltwater surf, boat, estuary, bass, carp, barbel, tilapia and even trout on fly. English-speaking viewers are also treated with English subtitles so that they can follow the fun as well.
Ja dis waar, hierdie jaar se formaat is heeltemal anders en kykers word letterlik bederf met ‘n allegaartjie van verskeidenheid – nie net van vis nie, maar ook van plekke en fasette. Petri de Wet en sy span toer die hele land vol en vang talle verskillende visse, op talle verskillende plekke met talle verskillende ase. Hulle hou ook natuurlik nie terug nie, en wys jou alles!
Die reeks kom nou tot ‘n einde en die laaste programme kan in Maart gekyk word, moenie dit misloop nie.

‘n Welkome toevoeging tot hierdie jaar se reeks is hengel vanaf ‘n kajak. Petri het die Wes-Kaapse damme aangevat saam met Hanro Loots van Vanhunks.

Hanro Loots is ‘n Protea swartbaarshengelaar en het ‘n paar pragtige visse voor die kamera gevang – hy deel sy kennis met trots.

Op sy Vanhunks 10’6” Shad, is hy baie tuis. Hy dryf dit aan met ‘n fin-drive en kan ook heel gemaklik op dit staan en hengel.

Petri staan glad nie terug nie, en as Protea Kunsaashengelaar verstaan hy baarshengel net so goed. Hy wys die kykers ‘n hele paar van sy truuks!

Die span besoek letterlik die uithoeke van die land en sy buurlande, en hier sien ons die pragtige sonsondergang in die weste by die Kunene riviermonding.

Die span van Thinus, Vivian en Dex het gemaklik gery in hulle Mitsi-tek aangepaste Triton bakkie, en kon daar op die strand alles byderhand hê om dit ‘n onvergeetlike hengelavontuur te maak.

Reg aan die oorkant van die kontinent, het Werner en Pieter by Vilanculos gaan kuier en word hulle elke dag wakker met hierdie pragtige prentjie as die son sy kop uitsteek.

Vanaf die pragtige groen grasperke van Blue Paradise Lodge, is die uitsig oor die water prentjiemooi en is dit deur-en-deur die moeite werd om hier ‘n draai te kom maak.
As jy self hier wil kom inloer, kontak hulle gerus hier:
*Blue Paradise Lodge offers island trips to Bazaruto, Benguerra, Margaruqe and Santa Carolina. These trips include snorkelling, snorkelling gear and a cooked lunch. They also offer fishing charters that includes big game fishing, jigging, popping, dropshot and fun family outings to catch lula (calamari). Trips to the Zinave park are offered to view the big five for those who would like to experience Mozambique’s wildlife. Airport transfers are available.
Blue Paradise Lodge also offers fully equipped beachfront (not on the hill!) self-catering units that sleep 8-10 people.
Contact details:
Ninon: +258 84 400 3026 (Whatsapp calls only or messages);
Email: ninonkotze1969@gmail.com


Natuurlik het Gilbert Foxcroft alweer ‘n hele string planne en wys hy kykers presies watter stroppe en ase om te gebruik ten einde die monsterkarpe aan die byt te kry.

Met die aankoms by Kunene was die verwagtinge hoog en dit het nie lank gevat nie om die eerste vis op die bord te kry.
Thinus van All Out Angling kon nie wag om die splinternuwe Daiwa Saltist Grinder Elite V2 5-7oz te toets nie, en dit was nie lank nie toe maak hy vas met hierdie pragtige gespikkelde sloephaai.

Dex Dyksterhuis, ‘n gashengelaar wat saam getoer het kon nie glo toe hy vir die eerste keer die middag van die aankoms hierdie pragtige kabeljou aan die lyn gekry het nie. Hy was in ekstase en kon nie die glimlag van sy gesig af kry nie! Kon nie vir ‘n beter vis vra om jou rekening oop te maak nie.

Tussen al die kabeljoue was menigte ander nie-eetbare spesies, soos hierdie pragtige Arendrog wat nie kon wag nie om op ons tjokka asies te spring wat eintlik vir die kabeljoue bedoel is.


Dag 2 was absoluut chaos met talle kabeljoue oor die meter lank wat hulle verskyning gemaak het om die span gooi vir gooi besig te hou.
Stroppe was gemaak met die nuwe Fishmate 7×7, 49-strand staal wat soepel is en soos lyn in die water reageer. Die rede was die groot hoeveelheid haaie wat tussen-in uitgekom het maar wat verseker het dat gerei nie kort-kort verander moes word nie weens die haaie wat moontlik die lyn kon afbyt nie.


Vivian Torlage van Conqueror het nie op hom laat wag nie; hy maak vas met hierdie bielie van ‘n Kunene kabeljou met die Daiwa Saltist MQ 14000 wat behoorlik getoets word. Die kabeljou het hom op en af die strand goed besig gehou. Na ‘n senutergende baklei met die monster het Vivian kopgehou en Leon en Johan van Skeleton Coast Adventure Tours het hand bygesit om die kabeljou te land.


Die aas is baie belangrik en met die vars tjokka wat by All Out Angling vir die toer aangeskaf is kon die manne nie voorbly met die kabeljoue nie. Met die Fishmate 7×7 49-strand 100-pond buigbare kabel en ‘n Mustad Demon Fine Circle 8/0 en dingle-danglestrop het die manne die gemak en vertroue gehad dat elke vis geland sou word. Die visse het letterlik uit die water gespring om die asies te gryp!


Nou wat meer kan ‘n man vra? In die middel van die woestyn op die Angola grens met ‘n vars vissie op die vuur! Nee kyk, daar is niks beter as om onder die sterre te sit en ‘n vars vis op die kole te geniet nie.


Met al die kabeljoue wat geland word, was daar ‘n besliste verskil tussen al die vis se kleure. Van ‘n silwer tot en met brons en ook van hulle met ‘n pers-koper skynsel. Absoluut asemrowend en nie elke dag wat mens so ‘n verskeidenheid van kabeljoue saam sien nie.


Thinus van All Out Angling het behoorlik onder die kabeljoue baljaar. Daar was tye wat hy met elke gooi met dié pragtige visse vas was. Hierdie vis was ‘n unieke lang vis met ‘n pragtige geel binnemond, amper dieselfde as ons geelbek kabeljoue in SA.


Die bronshaaie was skaars die eerste paar dae met nie een wat gehaak of gesien was nie. Maar hulle het besluit om op die laaste paar dae ons te kom besig hou! Hierdie spesifieke middag was dit letterlik gooi vir gooi ‘n bronshaai; tot die kabeljou asies het nie kans gestaan nie met die haaie wat alles in hulle omgewing opgetel het.
Die nuwe Daiwa Saltist Grinder Elite V2 6-8oz stok en Saltist MQ20000 gelaai met 50-pond J-Braid het vinnig van die manne werk gemaak.


Die bronshaaie was op ‘n missie om te wys dat hulle dominant in die area is. Daar was menige groot vis wat geland was en Thinus kon nie staan en kyk hoe almal vas maak nie. Hy het ‘n vars bloedige mullet-asie gebou en vinnig in die water gekom, en was in minder as twee minute met ‘n bielie van ‘n vis vas! Die bronshaai het besluit om koers te kies Angola toe en Thinus moes flink dink en die Saltist MQ 20000 se remstelsel vasmaak om die vis te stop en te draai. Eers na ‘n lang toutreksessie was die vis uiteindelik op die kant met Johan Burger van Skeleton Coast Adventure Tours wat hand bysit.


Vivian het tussen die bronshaaie die kabeljoue geteiken maar die bronshaaie kon nie die ase vir die kabeljoue los nie. Hy het vasgemaak met ‘n monster wat hom meer as ‘n uur besig gehou het; ongelukkig is die vis by ons voete verloor weens die kabeljou gerei wat gebruik was. Maar net weereens het die nuwe Daiwa Saltist Grinder Elite V2 series 5-7oz bewys dat dit nie vir die groot menere terug staan nie!

Ian Barnard en Ray Herbert lanseer by Witsand se Kraaltjie en sit af oppad uit na die diepsee op Ray se boot Rebait. Hierdie is ‘n Eclipse 580 wat ‘n 19-voet Centre Console is, met hope spasie en ‘n baie stabiele ervaring op die see.

Ray Herbert het ‘n paar pragtige kabeljoue op die diepsee gevang en wys vir die kykers presies hoe dit gedoen word. Ian Barnard se passie is bootbou, en hy verteenwoordig Eclipse Marine in Mosselbaai wat al ‘n hele reeks dubbelromp bote het om aan te bied. Gaan gerus na hulle webwerf by www.eclipseboating.com.

Die Poseidon Inshore Boat Medium 7’6” stok, gepas met die BG MQ 6000 is die perfekte gereedskap om hierdie blinklywe vinnig en maklik op die boot te kry. Hier werk Ray lekker hard, maar geniet elke oomblik.