Hengel saam met SUPER CAST
Ons het in die verlede altyd Super Cast se “papgooi”- manne voorgetrek. Met diè uitgawe het ek egter besluit dat ons darem by een van ons eie veelvoudige Protea hengelaars – Louis Steyn – ook bietjie by moet uitkom vir ’n artikel.

Alhoewel hy al ’n hele paar keer die groen en goud oor sy kop getrek het vir oewerhengel, is dit in die feeder kringe waar hy behoorlik naam maak en was al deel van vele Proteaspanne wat op die internasionale verhoog presteer het. Die oewer waar hy my meer sou touwys maak van wat feederhengel nou regtig is? Waar dan anders as die geliefde feeder en oewerhengel bestemming, naamlik Jackie Leonard op die Vaaldam vir dié artikel.