E. Hengelbestemming: Rietspruitdam
Ons hengel by Club Amigos, Rietspruitdam.
Die pragtige Rietspruitdam en Club Amigos-oord geleë sowat 10km buite Ventersdorp in die Noordwes met onbesoedelde water, ‘n prentjiemooi woonwapark, gras-bedekte staanplekke teenaan die oewer, skoon en netjiese ablusies, swembaddens (warm en koud) en ‘n lang glyplank skep ‘n veilige en rustige atmosfeer! – Die perfekte plek vir ‘n gesinswegbreek.