
Hengelbestemming: Vissermanhuise by Dennekruin, Roodekoppiesdam
Dennekruin by Roodekoppiesdam is al bekend vir sy mooi oewer en groot vis. Ek was bevoorreg om in een van hul nuutgeboude huisies te bly. Dis ’n 4-bed huisie met amper alles in wat jy nodig mag hê. Bring net jou eie beddegoed, handdoeke, skottelgoedseep en vadoeke. Oewerhengelaars gebruik nommer 31, en boothengelaars kan die huisie ook huur teen ’n verlaagde tarief omdat hul nie die oewer beset nie.