HENGELKLINIEK @ATKV Eiland-spa

Aangebied deur For Anglers | Die Oewerhengelaar | Stywe Lyne

WOORDE: Werner Lubbe | FOTO’S: Jessica de Villiers

Tydens skoolvakansies is oorde soos die ATKV Eiland-spa naby Tzaneen gepak met vakansiegangers, en gesinne daag in hulle hordes daar op. Die kampplekke en chalets is altyd propvol en die oordbestuur doen moeite om goed gestruktureerde vakansieprogramme te fasiliteer.



So is die For Anglers-span ook altyd deel daarvan ten einde ‘n hengelprogram aan te bied. Tydens hierdie tydperk word daar dan daagliks hengelklinieke aangebied waar ons die kinders (en baie ouers) die basiese beginsels van hengel leer, en vir die wat reeds op ‘n hoër vaardigheidsvlak is, leer ons ‘n paar van die tricks of the trade

Elke tweede of derde dag word ‘n kompetisie gehou waar die hengelaartjies talle pryse kan wen vir onderskeie prestasies. Allerhande afdelings soos grootste vis, meeste vis, kleinste vis, rare spesies, ensomeer kry elkeen ‘n prys. Soms is die aantal deelnemers so baie dat hulle dan in spanverband deelneem. 


Om hierdie tipe program effektief te kan aanbied, is dit belangrik om borge te hê wat vir ons pryse gee, T-hemde beskikbaar stel, voer en asies uitgee, en nog baie meer lewer deur hulle blote betrokkenheid.

Derhalwe wil ons graag dankie sê aan:

  • Camp Master;
  • Super Cast;
  • Gys Pitzer Motoring;
  • Sensational Angling;
  • Fear None;
  • Die Oewerhengelaar-tydskrif en
  • Stywe Lyne-tydskrif.

BORGE



WEN, WEN, WEN – ALMAL IS WENNERS!














Die dammetjie by die Eiland-spa is propvol kurpers van verskeie groottes en dit gee ‘n gulde geleentheid vir hengelaartjies om sakke vol te vang, mits hulle die tegniek regkry.


So het ons For Anglers-span ingespring en hulle geleer van dobberhengel se fynere kunsies, soos hoe om die dobber te stel, die diepte te bepaal en hoe om ‘n wurmpie met behulp van ‘n wurmnaald aan te sit.



Hier volg ‘n klompie foto’s wat die hele gebeurtenis vasvang. Geniet die album, veral die emosies wat boekdele spreek.

HENGEL, HENGEL EN VISSE!





























The latest digital edition of STYWE LYNE/TIGHT LINES is now available!

5 1 vote
Article Rating
Subscribe
Notify of
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments
Back to top button
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x