A. Hey Man, You Speaks The Tale Deliciously!
Warm groete hier uit my huiskantoor op ‘n yskoue 16 Junie 2020! Op die foto is wys ons voëlbad wat deur
Met die redigering van hierdie uitgawe was dit nogal insiggewend om die Junie en Julie uitgawes van 1960 na te slaan om die 60ste bestaansjaar van die tydskrif met uittreksels te herdenk. Iets van die inhoud het by my vasgesteek, en met my bepynsing daarna val dit toe by my dat hengelaars daai tyd, nes nou ook, maar min erg aan politieke- of taalkwessies gehad het, in elke geval nie as dit by hul hengelsport kom nie. Die tydskrif is geloods net een jaar voor Suid-Afrika ‘n republiek geword het, en mens sou dink dat daar ‘n redelike opwelling van drang na ‘n eie taal sou wees, naamlik Afrikaans. Maar die verdeling tussen Afrikaans en Engels in die redaksionele inhoud van die twee uitgawes het dit glad nie weerspieël nie – 17 stories in Engels, en net 4 in Afrikaans.