HIER GAAN ONS ALWEER, REEKS 21: ‘Operasie Eetvis’ by Kleinbrak, Suid-Kaap
Die manne van ‘Hier Gaan Ons Alweer’ het ‘n opwindende 21ste reeks wat afskop in die hartjie van die Suid-Kaap. Aanbieder Petri de Wet het gaan aanklop by Harten-Hengel Outdoor, ‘n hengelwinkel in Kleinbrak vanwaar ‘n span manne dan sou vertrek om ‘Operasie Eetvis’ aan te durf.
Kompetisie onder die manne begin roer, want dis nou boothengel teen rots- en strandhengel met Petri wat die koue water op ‘n meer aandurf, terwyl die strandloperspan met Thinus van Staden van All Out Angling, Proteahengelaar Matthew Sumner en Wouter van Zyl van Harten-Hengel Outdoor gaan kyk of hulle vir Petri kan klop met die lekkerste en grootste eetvis.