HIER GAAN ONS ALWEER skop af … vir die 23ste keer!

Maandagaand 6 Januarie 2025 om 17:30 op kykNET, Kanaal 144

WOORDE: Werner Lubbe | FOTO’S: Lee Foxcroft & Jessica de Villiers

Bloemhof se babers is vir seker op menige hengelaar se wishlist en hier wys Schalk van Breda vir ons kykers hoe om hierdie outjies te teiken.
Rooiborskurpers is ‘n baie unieke spesie en ‘n geweldige harde bakleier. Werner Lubbe bederf die kykers met ‘n paar trofeevisse, en wys stap vir stap wat om te doen.
In Mosambiek was die groot visse werklikwaar aan die byt, en bielies soos hierdie koningsvis van Pieter Kruger was aan die orde van die dag.


Petri de Wet en Wouter van Zyl het gaan kyk wat daar byt in die kleiner riviere van die Tuinroete. Die groot knorhane het geëet, en hierdie bielie van ongeveer 7kg het hulle goed besig gehou. Moet dit nie mis nie.
Gilbert Foxcroft het gaan inloer by Donaldsondam en die groot karpe gaan bymekaarmaak. Wat hierdie uitstappie uniek maak, is dat hy dit uitsluitlik gevang het deur van die oewer af te gooi. Die Daiwa Emblem stokke en katrolle het dit natuurlik baie makliker gemaak.
Schalk en Hein het ‘n dag gaan spandeer op die water by Bloemhofdam om die karpe op die ligtegerei boothengelmetode te gaan vang.
Terwyl Schalk en Hein die visse een vir een inryg, maak Zulu seker dat al die aksie vasgevang is op kamera. Die beperkte spasie op die boot, bring die kyker lekker naby en dit sorg vir ‘n meer intieme dekking van die ervaring.
Schalk gebruik ‘n gewone gly-Rietvleistrop en voeg so bietjie Super Cast Duo-geursel by.
Voordat die stok gegooi word, moet dit natuurlik in ‘n bottel Fairy Dust (vlapoeier) geskud word, vir daardie lekker wit wolk op die area.


Nie net word daar Duo van soorte op die bol gesit nie, maar kom die visse sommer so as duo’s uit ook. Gedurende die verfilming is daar verskeie kere meer as een vis gevang op ‘n slag – ‘n paar keer was al vier stokke sommer vas met ‘n vis.
Om vis te vang en dit te geniet is ‘n lekker storie; om dit te geniet en met die kykers daaroor te gesels is nog lekkerder – al vat dit soms ‘n paar ‘takes‘ om dit reg te kry.
Schalk van Breda is die meesterbrein agter die sukses van die Duo’s en het hier met ‘n bietjie dinkwerk die plan verfyn totdat hulle die groot visse aan die gang kon kry.
Die Daiwa Sweepfire is die perfekte katrol om saam met die BG 7’6” spinning-stok te gebruik. Die kombinasie is lekker lig en super effektief.
Die BG MQ 4000 is natuurlik die vlagskip in hierdie reeks en saam met die BG spinning-stok maak hulle die perfekte paar.


Toe die groot karpe eers aankom, is daar geen keer nie. Hein vat ‘n welkome breek terwyl hy met die kamera gesels en vir ‘n oomblik kan sit. Hulle hengel ook nie ver nie, en gooi net so paar meter agter die boot, net so op die afstand waar hulle steeds maklik met die lepel kan voer. So scoop of twee SvB Monster Mix word net so elke nou en dan op die kol gestrooi.
Nog een van daardie groot Bloemhofkarpe beland op die boot. Schalk het agtergekom dat die groter vis daarvan hou om op die Monster Mix te voer en dan doen twee Wasp floats die ding op die hoek.
Daar is twee Duo’s wat baie goed gewerk het – Black Widow en Juana en dan die Quatro en Chakalaka. Albei van hulle het uitstekend gewerk.
Groot karpe is natuurlik deel van die program en altyd op die spyskaart. Hier spog Gilbert met ‘n pragtige two-tone volskubkarp uit Donaldsondam uit. Op elke program wys hy vir die kykers mooi trofeevisse en ook presies hoe hulle gevang is.
Adriaan van der Merwe het ‘n uitstappie meegemaak saam met Gilbert Foxcroft in die Olifantsrivier om ‘n paar dik karpe te gaan soek. Hulle kry dit ook baie goed reg, en wys vir die kykers ‘n hele paar uitstaande karpe. In Februarie se uitgawe vertel ons meer van presies hoe lyk die aas en stroppe wat hulle in die rivier gebruik het.


Lees ook /Also read …

The latest digital edition of STYWE LYNE/TIGHT LINES is now available!

5 1 vote
Article Rating
Subscribe
Notify of
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments
Back to top button
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x