fbpx
Bank AnglerFishing TipsHow To

Hoe Wend Ek Pitte Korrek Aan?

Die mieliepit word deesdae minder deur kompeterende hengelaars as voorheen gebruik, maar dit het beslis nog ’n plek in enige aaskas! ’n Mieliepit kan steeds vir mooi sakke vis sorg – pitte kan feitlik saam met enige ander hoekaas gekombineer word en selfs alleen gebruik word.

Wanneer sal jy ’n pit gebruik?
• Om ’n groter hoekaas aan te bied vir die hengel van groter vis.
• Om ’n harder hoekaas aan te bied sou daar klein vissies wees wat lastig is.
• Om voortdurende geurkonsentraat in die water vry te stel wanneer die aas langer gaan lê.

Soek ’n mooi groot, heel pit uit wat as hoekaas sal uitstaan op die bodem.
Haak die hoekpunt netjies in die middel van die pit se plat kant in en regdeur tot aan die ander kant uit.
Een pit op die hoek is voldoende.
Vir groter vis druk die hoeksteel binne-in die voerbal sodat dit tussen die voerpartikels lê wanneer die voerbal geblus het.

Related Articles

Close