
TRACE TECH: Riaan Alleman gesels met John Otto
Voor my ontmoeting met John het ek gedink ‘n strop is maar net ‘n strop – en as die vis honger is sal hy vreet. O wee nee, agter elke “John”-strop gaan daar baie beplanning in; hy is ‘n absolute perfeksionis en doen alles perfek tot op die laaste klein detail. Vir elke spesie het hy ‘n paar verskillende opsies, want alles hang af van waar jy hengel, die kleur van die water en tipe aas tot jou beskikking.
Riaan Alleman stel voor dat hierdie video’s wel gekyk word: “In gesprek met John Otto” – ek weet sommer julle gaan net so baie leer soos ek. Hy deel alles, van hoeklyne tot die weigewoontes van verskillende spesies. Sit terug, maak daai springmielies en kom leer saam met Riaan Alleman en John Otto.